/ by /   In The Press / 0 comments

Landbouweekblad, Desember 2003: ‘Steeks perde se Moses!’

DAAR is basies twee denkrigtings in perde-afrigting: Die wat glo ‘n mens moet ‘n perd fisiek domineer en horn selfs slaan totdat sy wil gebreek is en hy ingee, en die wat glo perde kan afgerig word om in die menslike omgewing aan te pas deur met hulle te kommunikeer en begrip te hê vir hoe hulle leer en in die natuur optree.

’n Klein persentasie van alle perde word steeks gebore en is haas onleerbaar, maar die meeste “moeilike” perde se gedrag kan verander word deur afrigtingstegnieke wat hul natuurlike gedrag naboots.

Die manier waarap hulle met mekaar kommunikeer en leer, asook hul rangstruktuur in die trap, is alles belangrike faktore, sê ds. Malan du Toit, perdegedragskenner en konsultant van Joostenbergvlakte, en tentmaker-predikant van die NG Kerk Maitland in die Wes-Kaap.

Om perde se gedrag deur sielkundige metodes te verander sodat hulle makliker in die menslike omgewing aanpas, is volgens hom nie nuut nie: Die Athener Xenophon het immers omstreeks 360 v.C. in sy boek oor die ruiterkuns geskryf dat kommunikasie en wedersydse respek tussen ruiter en perd die sleutel tot die ruiterkuns is, en sy lesers aangemoedig om iets van die perd se psige te leer.

Die afriglingsmetode wat ds. Du Toit gebruik, word die afgelope tien jaar deur die Amerikaanse perde-afrigter Monty Roberts gepredik en is ook deur boeke en rolprente soos The Horse Whisperer gewild gemaak.

Dit kan gebruik word om jong perde in te breek, perde wat kop- of beksku is, gedienstig te maak, aggressiewe perde rustig te maak, en renperde te help om kalm in die wegspringhokke in te gaan en sonder probleme weg te spring.

Hoewel daar al baie kritiek op die benadering was, sê ds. Du Toit daar is ‘n baie sterk psigiese dissipline. “Dis nie ‘n metode wat flouerig en saggies werk nie. Ek leer die perd dat daar grense is waarbinne hy mag optree.”

Hy verdeel al vir sewe jaar sy aandag tussen sy gemeentelede en probleemperde regoor die land. Hoewel hy lank honde afgerig het, en dus te doene gekry het met die basiese beginsels van hoe diere leer, het hy nooit gedink hy sou dit op perde toepas nie. Hy moes noodgedwonge begin perdry toe sy vrou, wat van jongs at ‘n kranige ruiter was, hul eerste kind verwag het en nie haar perde kon versorg nie.

Toe iemand hom ‘n paar jaar daarna ‘n “mallerige” perd gegee het, het hy begin wonder wat in die perd se verlede gebeur het dat hy so moeilik is. Sy nuuskierigheid het hom geprikkel om navorsing te doen oor natuurlike perdegedrag. Watter tipe dier ‘n perd is en waarom hy op ‘n spesifieke manier reageer, was vrae waarop hy antwoorde gesoek het.

“Dit is belangrik om te verstaan dat die perd in sy natuurlike omgewing ‘n vrees¬en-vlugtende dier is wat enige beperking as ‘n aanvaller beskou waarvan hy moet vlug. In teenstelling met aanvallende die¬re, soos honde, is ‘n perd se beste manier van verdediging gewoonlik om te vlug. ” ‘n Perd is ook ‘n sosiale dier wat binne ‘n trop met ‘n streng hierargie en ‘n sterk leier tunksioneer. Een van die interessante ken¬merke van ‘n perd se geaardheid is dat hy met ander sosiale diere, soos ons, kan meng.

Sommige renperde, soos Emperor’s Caress, is sensitiet vir aanraking op hul sye. Ds. Malan du Toit se oplossing was ‘n spesiale kombers wat deur die Amerikaanse perde-atrigter Monty Roberts ontwikkel is. Met die kombers, wat in die wegspringhok agterbly as die perd wegspring, het sy stal-assistent, Isaac Bongani, geen probleem om die perd in die wegspringhok te laai nie.

SHARE THIS


Leave a Reply